Panama-dokumente

Die Panama-dokumente[1] (Engels: Panama Papers) is 'n groot aantal elektroniese onthullings oor die regsfirma Mossack Fonseca van Jürgen Mossack in Panama-stad. Die onthullings behels 'n verbysterende 2,6 teragrepe inligting wat teruggaan tot 1977, die jaar waarin die firma gestig is. In 1986 is die firma versmelt met 'n klein firma van Ramón Fonseca, 'n Panamese politikus.

Die onthullings is aan die begin van April 2016 bekendgemaak deur die Süddeutsche Zeitung en die International Consortium of Investigative Journalists en behels talle handelstransaksies met belastingsparadyse soos die Britse Maagde-eilande en die Seychelle.[2]

Daar is ook aanduidings dat 33 mense of organisasies wat aan internasionale sanksies onderhewig was deur die firma gehelp is. Daaronder is firmas in Iran, Zimbabwe en Noord-Korea. Een daarvan was betrokke by Noord-Korea se kernprogramme. 'n Ander geval is dié van Rami Makhlouf, Bashar al-Assad, die Siriese president, se neef, wat 'n besit van $5 miljard het.[3]

  1. "Die Burger Panama-verslag ontbloot netwerk van korrupsie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
  2. "The Atlantic What is Mossack Fonseca, the Law Firm in the Panama Papers" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2020.
  3. "BBC Panama Papers: Mossack Fonseca 'helped firms subject to sanctions' 4 April 2016" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search